DOOP
DOOP

Die sakrament van die doop is 'n besondere geleentheid, waartydens die Here op 'n tasbare en
simboliese wyse sy trou aan sy kinders kom belowe.  
Die doop is God se inisiatief waartydens
hy sy hand van liefde en verlossing na 'n swak mens uitsteek.  Ons elkeen moet antwoord op die
aanbod van God, deur ons lewens aan Hom toe te wy, en Hom as ons God en ons Verlosser aan
te neem.  
Die doop roep ons tot wedergeboorte.

Die doop word bedien aan die kinders van gelowige ouers, selfs al verstaan hulle nog nie wat dit
beteken nie.  Die doop is immers van die vroegste tye af aan hele gesinne bedien, daar waar die
ouer of ouers tot bekering gekom het.  God se belofte van liefde en verlossing bly geldig, selfs aan
die mees weerlose mens.

Die doop word ook aan volwassenes bedien wat tot geloof gekom het, as hulle nog nie voorheen
die sakrament van die doop ontvang het nie.

Die doop word bedien op die
eerste Sondag van die maand tydens die Oggenddiens om
08:00 en die
tweede Sondag van die maand tydens die Gesinsdiens om 09:30.  Lidmate
word versoek om by hierdie datums te bly!

Registrasie vir die doop vind twee weke voor die doopkategese by die
Kerkkantoor plaas.  
DOOPKATEGESE 2012

Ds. Alkmaar Swart neem alle doopkategese hanteer. Geen doopkategese vind deur die ander
leraars plaas nie!  Bespreek dus vroegtydig julle plek vir die gepaste geleentheid!

Drie verskillende temas word in twee sessies aangespreek. Doopkategese vind normaalweg
Woensdae om 19:00 by die kerk plaas.  Kyk op die almanak vir die datums.  Elke paar moet dus
twee geleenthede bywoon. Dit kan binne een maand voltooi word of oor 'n aantal maande gerek
word. Daar kan ook reeds van voor die geboorte begin word met die doop kategese.

Kontak Ds. Alkmaar vir meer besonderhede, by 0125481565.



DOOPREGISTRASIE 2012


Tydens die doopregistrasie moet u die eerste 3 punte invul op dei vorm wat hieronder beskikbaar
is, of ten minste die datum van die eerste doopgesprek.  
U moet voor die doopgesprekke die datums reël waarop u dit gaan bywoon.  
As u 'n krisis ondervind en nie die betrokke doopgesprek kan bywoon nie, kontak betyds die
kerkkantoor om 'n ander datum te bespreek.

Punte 1 – 26 van die doopregister moet asb vóór die eerste doopgesprek ingevul word.
Punte 27 en 28 word ná die geboorte ingevul vir die doop.

Die vrae vir die eerste doopgesprek moet deur beide ouers ingevul word en saamgebring word na
die doopgesprek.

Babas moet asb nie na die doopgesprek gebring word nie.

VORMS

LAAI HIER AF: Doopregistrasie en doopgesprek