| FINANSIES |
| MY DANKOFFER My bydrae aan die gemeente is 'n teken van my dankbaarheid teenoor die Here, en 'n erkenning dat ek ook my eiendom in SY diens stel. Elke persoon moet bydra soos wat die Here hom lei, nie uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief! |
| SPESIALE INSAMELINGS GELOOFSBELOFTE OFFER (GBO) GBO fondse word eksklusief vir die uitreik bediening van die gemeente aangewend. In Maart van elke jaar kry gemeentelede die geleentheid om hulleself te verbind om vir 'n jaar lank maandeliks 'n addisionele bydrae bo-en-behalwe hulle normale maandelikse dankoffer te maak. OESFEES Gedurende Oktober vier ons die trou van die Here deur 'n ekstra bydrae tot Sy werk te maak. Oesfees is 'n fees van dankbaarheid vir die Here se sorg. |
| BANKBESONDERHEDE N.G. Gemeente Magalieskruin-Pretoria ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 090 590 537 |
| WYSES WAAROP EK MY DANKOFFER KAN GEE 1. Kollektes tydens eredienste 2. Debietorder 3. Dankoffer koeverte 4. Dankoffer oorbetaal aan diakens. |
| DEBIETORDER LAAI DIE VORM HIER AF! |