| Nuwe lidmate |
| Welkom in Magalieskruin gemeente! Hier is jy deel van 'n gemeenskap van Christene wat daarna strewe om God te verheerlik en mekaar lief te hê. Ons wil graag die wêreld aanraak met God se liefde! Die uitdaging is om êrens betrokke te raak! Skakel gerus by 'n kleingroep in, word deel van 'n uitreik aksie of raak betrokke by die jeug bediening! Die geleenthede is legio! Ons nooi jou dan ook uit om deel te word van ons gemeente se internet kuier plek. Magalieskruin Gemeenskap is die plek waar ons saam gesels, bid en beplan. Doen gerus aansoek ... ons wag vir jou! Ons wil ook graag meer van jou weet! Vul asb. die onderste vorm in en stuur aan: magaliesadmin@telkomsa.net |