Voetspore van die Grote
WAT ?
Wat is Voetspore?
Kom ontdek die voetspore van God in
sy skepping, terwyl ons in die
voetspore van die Groot Vyf stap.

Ons stap in die Klasserie omgewing op
'n reservaat wat deel is van die Groter
Kruger Nasionale Park ekosisteem.  Dit
beteken dat daar geen grensdrade is
wat die diere se beweging aanbande lê
nie.  Ons stap en slaap daar waar
olifant, buffel en leeu leef.  

Ons ontdek ook die klein inwoners
soos die Bergskilpad, ruik die veld,
ervaar die koelte van 'n Njalaboom en
beleef die wonder van 'n Bosveld
sonsondergang en helder sterrenag.
Die stappe is gemaklik en is ontwerp om ons maksimum blootstelling te gee
aan die natuur, sonder dat ons onsself moeg stap.  Ons stap om die natuur
te beleef, nie afstand af te lê nie.  In die ongerepte natuur beleef ons opnuut
die wonder van God se skepping, en kry ons nuwe perspektiewe op ons eie
menswees en verhouding met God en sy handewerk.  Hierdie is
terselfdertyd 'n geestelike reis in die drie-enige God se skepping.

Twee gewapende gidse verseker ons veiligheid en help ons om die wonder
van die bos te ontdek. Bagasie word vir ons aangery, elkeen dra dus slegs
sy eie verversings vir die spesifieke dag.  'n Basiese fiksheid en goeie
mobiliteit is 'n vereiste, aangesien ons ongeveer tien na twaalf kilometer per
dag kan stap, en dìt op die diere se bospaaie.  Ons neem slegs nege
persone per groep, en geen kinders onder twaalf.

Hierdie is 'n geleentheid wat geen natuur liefhebber mag mis nie!  Wees net
gewaarsku, dit sal nooit weer dieselfde wees om per motor in 'n
natuurreservaat rond te ry nie!

Kom stap saam met ons in die "Voetspore van die Grote."

DAG 1
Arriveer op Oewerkamp
voor 2nm.
Stap na Wilderniskamp
Slaap in Wilderniskamp

DAG 2, 3
Stap
Slaap in Wilderniskamp

DAG 4
Vertrek terug huis toe