
| Wat is Voetspore? |
| Kom beleef die wonder van God se handewerk in sy skepping! Voetspore is 'n geleentheid om te voet, die wonder van die ongerepte natuur van nader te beleef. Ons doel is om uit die mensgemaakte strukture te beweeg, en regtig naby aan die natuur te kom. Ons stap op 'n privaat reservaat wat deel is van die Groter Krugerwildtuin eko- sisteem. Ons ontdek die klein inwoners soos die Bergskilpad, ruik die veld, ervaar die koelte van 'n Njalaboom en beleef die wonder van 'n Bosveld sonsondergang en helder sterrenag. Bedags stap ons daar waar Olifant en Leeu leef. Saans slaap ons in 'n tydelike boskamp, weg van menslike strukture. Die stap is gemaklik, aangesien ons doel nie is om vêr te stap nie, maar eerder om die skepping te beleef. Twee gewapende gidse verseker ons veiligheid en help ons om die wonder van die bos te ontdek. Bagasie word vir ons aangery, elkeen dra dus slegs sy eie verversings vir die spesifieke dag. 'n Basiese fiksheid en goeie mobiliteit is 'n vereiste, aangesien ons wel ongeveer agt tot tien kilometer per dag kan stap, en dìt op die diere se bospaaie. Ons neem slegs nege persone per groep, en geen kinders onder twaalf. Voetspore is ook 'n geestelike ervaring van die Here se nabyheid en 'n belewenis van iets van sy grootheid en sorg. Soos hy vir die mosies sorg, so sorg hy vir sy kinders. Hierdie is 'n geleentheid wat geen natuur liefhebber mag mis nie! Wees net gewaarsku, dit sal nooit weer dieselfde wees om per motor in 'n natuurreservaat rond te ry nie! Kom stap saam met ons in die "Voetspore van die Grote." |


DAG 1 Arriveer voor 2nm Stap na Wilderniskamp en slaap daar DAG 2, 3 Stap Slaap in Wilderniskamp DAG 4 Vertrek terug huis toe |

