
| Wie is ons? |
| Erika is 'n privaat onderwyseres. Sy is ook 'n entosiastiese natuur fotograaf, sorg vir die administrasie en hanteer die kos. En kan sy lekker bederf kos maak in die bos! Louis is 'n predikant. Hy is ook 'n opgeleide Veldgids en 'n Staptoer Gids (Trails guide). Hy is 'n lid van die Field Guides Association of Southern Africa (F.G.A.S.A.) en ook geregistreer by die Departement van Omgewingsake en Toerisme as 'n Veldgids. Die Skepping is ons passie en plesier en ons deel graag die wonder van God se handewerk met ander. |


