GESINSDIENS
'n Informele erediens vir oud en jonk.
Kom beleef God op 'n nuwe manier!  

In die Gesinsdiens strewe ons daarna om die grootheid en liefde
van God te beleef, deur opregte aanbidding, en die ontdekking
van die wonder van Sy Woord.

Ons is meer informeel in ons sang en erediens belewenis, en
strewe na geestelike groei en 'n lewe wat getuig van die
teenwoordigheid van die Heilige Gees.  Die suiwer verkondiging
van God se Woord is steeds die middelpunt van ons saamwees.

Hier is plek vir oud en jonk om elkeen God op sy unieke manier
te kom beleef.  Elkeen word hier betrek, en kry geleentheid om
geestelik verreik te word!

Ons nooi jou om te kom deel in hierdie belewenis!
SONDAE

09:30

KERKGEBOU