AANWYSINGS
- Neem die N1 Noord
- Neem die Zambezi afrit
- Neem Zambezi in 'n westelike rigting. (Links as jy vanaf Pretoria middestad kom)
- Ry met Zambezi verby die Kolonnade Winkelsentrum aan jou linkerkant.
- Draai links in Veronica weg. (Dit is die 3e robot na die Kolonnade)
- Ry verby Magalieskruin Laerskool tot by 'n T-aansluiting (met 'n verkeerssirkel).
- Draai regs in Braam Pretorius straat.
- Magalieskruin is ongeveer 100 meter later aan jou linkerkant
* Dit is die kerk met die drie houtkruise op die straatfront. Hoek van Braam Pretorius en Kroonarend strate
INDIEN DIE BRAAM PRETORIUS HEK GESLUIT IS:
- Ry verby die kerk.
- Draai by die eerste straat in wat links uitdraai (Wabekelaan)
- Draai links by die eerste straat (Petrealaan)
- Petrea loop tot by die kerk en draai 90˚ om Joycelaan te word wat teen die kerk verby loop.
- Gaan na die tweede ingangshek in Joycelaan.
|