| KLEINGROEPE |
| WAAROM KLEINGROEPE? Kleingroepe is 'n sleutel aspek van ons gemeente se funksionering, aangesien dit by uitstek dié plek is waar gemeentelede geestelik groei, die liefde van die Here en mede-gelowiges beleef, en toegerus en uitgestuur word vir diens! In die kleingroepe groei ons Na Bo, Binne en Buite! In die kleingroepe funksioneer kerk van Christus na sy volle betekenis. Ons glo dat die gemeente leef, daar waar gelowiges bymekaar kom! Hier neem gewone gelowiges verantwoordelikheid vir die uitbou van God se koningkryk en geestelike groei en versorging van Sy kerk. |
| KOM TUIS! Word deel van die hartklop van Magalieskruin gemeente, word deel van 'n kleingroep van gelowiges! KLIEK HIER om in te skakel! |
Daar is 'n verskeidenheid kleingroepe wat in Magalieskruin funksioneer, wat elkeen sy eie unieke karakter en doel het. Die Kleingroepe kan basies in vier tipes verdeel word, maar binne elke tipe is daar ook 'n verskeidenheid. 1. SELLE Selgroepe is 'n groepering van vier tot ses gesinne of enkellopendes wat weekliks of twee-weekliks vergader. Die groepe bestaan dikwels uit oud en jonk, mans en dames, en elkeen word betrek by die byeenkomste. Die doel van die groepe is om as mede gelowiges mekaar te ondersteun op ons geloofspad. Aspekte soos geestelike groei, bybelstudie, gebed en lofprysing is belangrik. Dit is egter net so belangrik om vriendskapsbande te smee, en groepe sal moeite doen om saam te kuier en mekaar te ondersteun. Vir die selle is uitreik ook belangrik, en selle bring graag nuwe mense in om deel te word van die groep. 2. MANNEGESPREKSGROEPE Groepe mans kom meestal soggens bymekaar om as gelowiges te praat oor sake van gemeenskaplike belang. Baie van die groepe doen ook op 'n gereelde basis saam Bybelstudie. Daar is ook groepe wat spesifek op gebed gefokus is. 3. BYBELSTUDIES Die Bybelstudies se fokus is gemeenskaplike Bybelstudie. Dit beteken natuurlik nie dat die ander dimensies soos gebed en onderlinge ondersteuning afgeskeep word nie. Die meeste Bybelstudies is vroue groepe, en die meerderheid kom soggens bymekaar. 4. DIENSGROEPE Diensgroepe is groepe wat rondom 'n bepaalde saak of aksie ontstaan en wat op dié spesifieke saak fokus. |
| WATTER GROEP VIR JOU? |
| Teeskink beurte Laai hier af. |