PASTORAAL
Dit is vir ons as gemeente 'n prioriteitsaak om ons lidmate pastoraal te versorg.  Ons wil graag
daar wees om mense te help, daar waar hulle nood en swaarkry is.  Ons glo dat ons as
mede-gelowiges instrumente is waardeur die Here werk om genesing, vertroosting en wysheid te
gee.

Pastorale versorging vind daar plaas waar mede-gelowiges vir mekaar omgee en vir mekaar bid.
Ons moedig dus lidmate aan om by mekaar betrokke te raak as vriende, lede van 'n kleingroep
of as voorbidders.

Ons leraars is ook 24 uur per dag beskikbaar.  Neem dus gerus die vrymoedigheid om enige
van
ons leraars te kontak indien u self of iemand wat u ken 'n behoefte het aan pastorale
versorging.  Dit maak nie saak waaroor die nood gaan nie, of dit dood, siekte, geestelike
probleme, verhoudingsprobleme, materiële nood of enige ander probleem is, ons help graag
waar ons kan!
PASTORALE SPREEKKAMER

'n Leraar is weeksdae by die Leraarskantoor beskikbaar as ook by hulle huise.   Afsprake kan
gemaak word by die Kerkkantoor (548-1245) of by hulle persoonlik.

ROOSTER EN FOKUS

Maandae         Ds. Louis Lemmer,
             Huweliks- en gesinspastoraat, 5675580
Dinsdae          Ds. Thomas Verbeek
             Senior jeug, 5672230
Woensdae      Ds. Bertus Janse van Rensburg
             Senior lidmate, 5481243
Donderdae     Ds. Johan Olivier
            Trauma en siekte, 5481300
Vrydae           Ds. Alkmaar Swart, 5481565

Al die leraars is steeds op ander tye beskikbaar vir afsprake. U kan steeds die leraar
van u keuse kontak rondom enige saak.