• Search
  • Kontak
  • 012 548-1245
  • Facebook Icon
  • Youtube Icon
  • Mobile App Icon
Magalieskruin Gemeente
  • Tuis
  • Welkom
  • Bedienings
    • Getuienis
    • Gebed
    • Jeug
    • Kleingroepe
    • Musiekbediening
    • Senior lidmate
    • Huwelik
    • Wyksbediening
  • Ondersteun ons gemeenskap
Magalieskruin Gemeente
  • Eredienste
  • Admin
  • Dankoffers
  • Kontak

Ek's nuut!

  • Wie is ons?
  • Ons span
  • Nuut hier?
  • Ons waardes

Welkom tuis!

Welkom by Magalieskruin! Ons wil jou graag help om deel van ons geloofsfamilie te word. Die vinnige hoe en wat vir almal wat nuut inskakel:

Magalieskruin is 'n hartlike gemeente wat voorsiening maak vir verskeidenheid.   Elkeen van ons eredienste het 'n ander karakter sodat elkeen êrens tuis kan voel.  Ons het ook 'n groot verskeidenheid bedieninge waarby lidmate kan inskakel.  Ons glo dat elke gelowige deel van God se liggaam is en dat almal mede-verantwoordelik is vir die gemeente se bediening.  Ons word opgeroep om te genees, te groei en te dien.

Ons het 'n dinamiese en aktiewe jeugbediening.  Ons juniors kom Sondagoggende bymekaar en ons Sondagaande is toegewy aan ons seniorjeug en naskoolse jeug.  

Hier is meer inligting.

Daar is oorgenoeg parkeerplek met ingange van beide Joycelaan (hoofingang) en Braam Pretorius straat (slegs Sondae).  Sekuriteitswagte kyk na die veiligheid van jou motor.  Daar is ingange aan al die kante van ons kerkgebou wat duidelik sigbaar is.  As jy onseker is ... mik vir die toring.

Kom soos jy gemaklik is!

Kom sê hallo!   Jy kan voor of na elke erediens kontak maak met die persoon wat jou verwelkom by die deur, die kantoor personeel wat by die navrae toonbank in die voorportaal is of deur die predikant se hand te skud.  Jy kan ook in die week die kerkkantoor kontak (012 5481245).  Ons wil jou graag help om tuis te kom!

In Magalieskruin maak ons voorsiening vir die verskeidenheid wat integraal deel van ons geloofsgemeenskap is.  Daar is dus 'n erediens wat lekker by jou spiritualiteit gaan pas.

Hier is die inligting.

Ons predikante span is 'n klomp vriendelike mense!

Jy kan met enige van die predikante kontak maak.

Kom sê gerus hallo na die erediens.

Hulle kontak besonderhede is hier beskikbaar.

Volg hierdie skakel om meer inligting te kry.

Slideshow image
logo

  • Tuis
  • Welkom
  • Bedienings
    • Getuienis
    • Gebed
    • Jeug
    • Kleingroepe
    • Musiekbediening
    • Senior lidmate
    • Huwelik
    • Wyksbediening
  • Ondersteun ons gemeenskap
  • Eredienste
  • Admin
  • Dankoffers

About

  • Wie is ons?
  • Ons span
  • Nuut hier?
  • Ons waardes
  • Magalieskruin Gemeente

    150 Joycelaan
    Magalieskruin, Pretoria
    Kaart

Kantoor ure

Ma. tot Do. 08:00 - 13:00
Vrydae 08:00 - 12:30

Kontak

  • Telefoon: 012 548-1245
  • Email: admin@magalieskruin.com

 

  • Facebook Icon
  • Youtube Icon
  • Mobile App Icon
© 2025 Magalieskruin Gemeente. All Rights Reserved. | Login
powered by
Website Developed by Tithely