Ons bid saam

Gebed is die hartklop van ons verhouding met die Here en integraal deel van ons gemeente wees. 

Ons WhatsApp gebedsgroep is die sentrale punt waar ons gebed koördineer en kragtig saam bid. Gebedsgroepe, kleingroepe, bedienings en individuele gelowiges kommunikeer hier om ons versoeke te plaas. 

Kontak Ds. Louis om op die groep geplaas te word.

Die Gebedsmuur op Magalies App is die tweede platform wat ons benut vir gebedsversoeke. Laai die App af en kry al die gebedsversoeke op jou selfoon.

Ons het gewoonlik die laaste Dinsdagaand van elke maand 'n gemeente biduur in die kerkgebou.  Almal is welkom om in te skakel, dit is oop vir die hele gemeente.

 

 

Kontak Ds. Louis Kry Magalies App