DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore seun, ons Here. Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria. Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het. Wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode. Wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk. Die gemeenskap van die Heiliges. Die vergewing van sondes. Die opstanding van die vlees, en ‘n ewige lewe.
Ons strewe daarna om die liefde van Jesus aan die wêreld uit te dra binne 'n ruim verstaan van wat dit beteken om getuies te wees binne God se wêreld. Christenskap is 'n lewenswyse en raak elke aspek van ons bestaan.
Ons volg 'n behoudende Bybels gefundeerde benadering binne die Gereformeerde teologie. Ons glo dat die Bybel die Woord van God is en dat dit die basis is van ons verstaan van die Here en ons verhouding met Hom en die wêreld rig.
Ons is vernuwend en dinamies in die praktyk van ons gemeente wees. Ons glo dat elke lidmaat 'n roeping het om as gestuurde van die Here die Koningkryk van God te bou en te verkondig. Ons bediening maak voorsiening vir die ryke verskeidenheid van talente, gawes en spiritualiteit wat die Here aan ons gee.
Ons glo dat gemeentewees oor meer gaan as net programme en strukture. Kerk is nie bloot 'n byeenkoms of 'n addisionele opsie wat jy kan kies om by te woon of nie. 'n Gemeente is 'n geloofsfamilie wat deur God self saamgevoeg is. Ons het mekaar nodig op ons geloofsreis en moet die Here saam dien en Sy Woord verkondig.
Ons strewe daarna om, gelei deur die Heilge Gees, meer soos Jesus te word.
Ons bediening is geskoei op drie bene van ons bedieningsvisie. Hierdie drie bene is deel van 'n proses wat mekaar aanvul en ondersteun. Ons is ontvangers hiervan maar ook die gestuurdes wat dit in ander se lewens 'n werklikheid moet maak.
Die Here genees 'n gebroke skepping en stukkende mense.
Ons self word deur die Here genees van seer en sonde.
Ons is die instrumente van Sy genesing in 'n stukkende wêreld.
Ons word geroep om meer soos Jesus te word.
Geestelike groei is ons daaglikse roeping.
Ons moet ook ander help om te groei.
Jesus het ons gewys wat dit beteken om te dien.
Ons moet dien en so die boodskap van God se liefde en genade uitdra.
Ons moet die wêreld aanmoedig om te leer wat dit beteken om te dien.
Ma. tot Do. 08:00 - 13:00
Vrydae 08:00 - 12:30