Liefde vir God vra van ons liefde vir ons naaste en respek vir Sy skepping.   Ons getuienis roeping sluit dus in om na die aarde om te sien wat die Here aan ons gegee het as ons woonplek.

Magalies Herwinningsprojek

Ons verskaf 'n herwinnigsfasiliteit vir die gemeenskap.

Ons neem slegs:

1)  Papier (Plaas in iglo houer).

2) Karton (Slaan asb. plat - geen inhoud in bokse.)

3) Plastiese koeldrank bottels (PET / 2 liter Coke bottel tipe.)

4) Plastiese melkbottels (Geen langlewe melk kartonne)

5) Metaal en aluminium blikkies

6) Deurskynende glas bottels

7) Gekleurde glas bottels

 

Geen ander materiaal!

Was en sorteer asb. rommel by die huis en kom plaas dit in die korrekte houers by die kerk.

Moenie materiaal meng nie, geen materiaal in plastiek sakke.

Die fasiliteit is weeksdae vanaf 06:00 tot 18:00 en Sondae tydens eredienste oop.

 

 

Slideshow image
Slideshow image
Slideshow image
Slideshow image
Slideshow image
Slideshow image
Slideshow image